Loading ...
Loading ...

Sabie Stereo

Listen to Sabie Stereo

Sabie Stereo
Loading ...

Send your Complaints

“Knapie soek ‘n Skapie” INSKRYWINGSVORM

“Knapie soek 'n Skapie” INSKRYWINGSVORM

  • Is jy ongetroud en op soek na jou ideale maat? Skuif nader en wees dapper, want Sabie Stereo maak hulself reg vir die 1ste seisoen van Knapie soek 'n Skapie! Ons is op soek na energieke en ondernemende mense van ALLE ouderdomme (Bo 20jr) wat kans sien om dalk die liefde van hul lewe te ontmoet! Skryf NOU in om deel te wees van hierdie reeks. Mans én vrouens is welkom om in te skryf. Vat ’n kans – jy kan dalk net jou hart verloor!
  • Hierdie vorm moet deur jou onderteken word. Jy moet ongetroud en ouer as 20 jaar wees. Indien jy geskei of ’n wewenaar is, moet ’n afskrif van die skeidokument of sterftebewys aangeheg word. Vorms wat nie onderteken is nie, of wat geen foto’s of ID-dokumente en ander aangevraagde dokumente insluit nie, sal nie oorweeg word nie.
  • Die “Knapie soek 'n Skapie” reeks sal bestaan elk uit 10 episodes van 2 ure lank. Die reeks sal uiteindelik die wel en weë van 10 enkellopende boere volg in hul soeke na liefde. Aangesien “Knapie soek 'n Skapie” ’n werklikheidsreeks is, sal die gekose persone hulself beskikbaar moet stel vir opnames op Sabie en hulle sal bereid moet wees om vir opnames (wat ’n paar dae mag duur) op eie onkostes af te reis. • E-POS asseblief jou voltooide inskrywingsvorm (met bogenoemde informasie aangeheg) na: knapie&skapie@sabiestereo.co.za • Inskrywingsvorms moet ons voor middernag, 28 February 2023 per e-pos bereik. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie. • Jy kan ook die inskrywingsvorm op Sabie Stereo se webtuiste by http://sabiestereo.co.za kry en sodoende registreer. • Indien jy een van die 10 gekose persone is, sal ons jou voor 31 March 2023 telefonies in kennis stel. • Kontak Hannes of Dayna by Sabie Stereo indien jy enige verdere inligting benodig by: 060 761 6572, of e-pos hulle by knapie&skapie@sabiestereo.co.za
  • Indien jy inskryf, verklaar jy die volgende: 1. Jy is ’n enkelopende persoon. 2. Jy aanvaar dat die reëls en bepalings van “Knapie soek 'n Skapie” (die program), soos van tyd tot tyd neergelê sal word deur Sabie Stereo (die “vervaardiger” en die “uitsaaier”), bindend is en jy aanvaar dat die besluite van die vervaardiger/uitsaaier finaal is. 3. Jy aanvaar dat jou regte in terme van die Kopieregwet, wet 98 van 1978 (soos gewysig), toegewys word aan die vervaardiger/uitsaaier en dat jou volle deelname aan die program opgeneem, uitgesaai en op hul Sosiale Media gedeel mag word en dat die regte op hierdie uitsendings in die toekoms aan die vervaardiger/uitsaaier behoort, wat jou toewysing aanvaar. 4. Jy verklaar dat al die inligting wat in jou aansoekvorm verskaf is, waar en korrek is en jy aanvaar dat jy gediskwalifiseer kan word as die teendeel blyk en dat die vervaardiger en/of uitsaaier die inligting in jou aansoekvorm in die program mag gebruik. 5. Jy verstaan dat die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik is vir enige verlies wat spruit uit jou inskrywing, of jou deelname aan enige aspek van die program nie.
 

Verification